In Suid-Afrika het SEACOM, ’n pan-Afrikaanse verskaffer van ICT-infrastruktuur, ’n netwerkaansluitpunt (PoP) in Kaapstad bekendgestel vir kliënte wat toegang tot dienste en die aflewering daarvan in die stad wil hê.
Die nuwe SEACOM PoP speel 'n noodsaaklike rol in die koppeling van oostelike en westelike onderseese kabelstelsels en maak uiteenlopende netwerkroetes moontlik vir SEACOM-kliënte aan albei kuste van Afrika.
Geleë in die netwerkoperateur-onafhanklike Teraco CT-1-datasentrum in Rondebosch, bied die PoP toegang tot die volledige reeks SEACOM-dienste.
Die SEACOM-dienste wat vanaf die Kaapstad-PoP beskikbaar is, sluit in:
- SEACOM se Private Line Service bied aan kliënte konnektiwiteit deur verskeie kabelstelsels wat Afrika, Europa en Asië bereik, asook nasionale konnektiwiteit na belangrike interkonneksiepunte soos Johannesburg, Yzerfontein, Mtunzini en Durban
- Global IP Transit bied kliënte toegang tot die Internet deur verskeie Global Tier 1-verskaffers, 'n web van onderseese en landroetes, sowel as geoptimeerde roetering na baie sleutel-Afrika-operateurs, diensverskaffers en CDN-netwerke, insluitend die volledige stel Suid-Afrikaanse IP-roetes.
- African IP Transit bied kliënte koste-effektiewe Afrika-konnektiwiteit wat deur die SEACOM-netwerk beskikbaar is.
- Ethernet bied toegewyde, deursigtige EoMPLS-konnektiwiteit oor die SEACOM-netwerk en verder, deur ons Internasionale Vennootnetwerke.
- Peering op afstand bied toegang tot die voorste Europese & Afrika-internetuitruilpunte en laat direkte peering met inhoudverskaffers en netwerkoperateurs deur ’n enkele poort toe.
“SEACOM het Afrika tradisioneel met Europa verbind, maar ons verbeter nou ook toenemend inter-Afrika-verbinding en help Afrika- en Europese-diensverskaffers om hul Afrika-voetspoor te vergroot. Met direkte skakels na die Oos- en Wes-Afrikaanse ondersese kabelstelsels gee ons nuwe Kaapstadse PoP aan huidige en toekomstige SEACOM-kliënte nog 'n opsie om van te kies,” sê SEACOM se hoofuitvoerende beampte, Mark Simpson.